
=====================================================================
In Verneukpan en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


In Verneukpan en Boesmanland lf Afrikaans

Elias P. Nel   besing die taal van sy jeugwreld. RONDOM Verneukpan staan die driedoringbosse verdroog met swart blaartjies wat om ren 
smeek. Dis 'n dorre, wyd uitgestrekte wreld waar mens, dier en plant elke dag in 'n oorlewingstryd gewikkel is. Dog in teenstelling met 
die dorheid leef hier 'n sprankelende, beeldryke en unieke Afrikaans. Hoe sou 'n mens di variant van Afrikaans beskryf? Boesmanlandse of 
Oranjerivier Afrikaans? Ek weet nie. Ek weet wel dat dit 'n ryk, lewende Afrikaans is.

Kenmerkend van die streektaal is die verandering van die k- en die g-klank. Dit het interessante woorde en klanke tot gevolg wanneer dit 
uitgespreek word. Tjrk (kerk), tjeent en tjeeners (kind en kinders), Tjnnart (Kenhardt); sjeld (geld), sjee (gee).

Die ouer geslag (wat al hoe minder word) gebruik 'n tipe argaese Afrikaans wat nie meer in die algemene omgang gebesig word nie. Hierdie 
woorde is gewoonlik 'n vermenging (kontaminasie) van twee of meer woorde. Byvoorbeeld:
Kaaipastig
kastig en kamtig = gee voor;
in pls van
in plaas van en pleks van = pleks/plaas van;
omdol
omdop en omdolwe = omkeer. Die juweel van die streektaal van Verneukpan en omgewing is myns insiens die gesegdes. Die raakvat-sgoed is 
beskrywend, soms gevat, maar meesal aards soos die sout-van-die-aarde-mense van my jeugwreld. Hier is slegs enkele voorbeelde:
Klipbrille dra
ongeletterd (kan nie lees of skryf nie);
praat soos 'n lap wat skeur
praat sonder om te dink;
op die tong ry/talletjies gee
aanhoudend tepraat (negatief);
op die kleintoontjie trap
aanstoot gee;
krosse, karosse, velle of komberse saam gooi
trou;
onder die grondkombers gaan l
sterf, meer gebruik vir begrafnis;
die blou leer klim
sterf;
wit tandjies uitpak
lag;
boontoe roep
sweer, ydellike gebruik van Godsnaam. Daar word ook nog enkele woorde gebruik wat van Koi oorgerf is. Die woorde word meestal met 'n 
klapgeluid uitgespreek:
!xthoba
'n bitterige, eetbare vetplant;
!xthaitjie
bakoorjakkals;
!xthirrie
heuningbier;
!xthoei
vet wat deur hitte van die son uitgebraai word. Genoemde taalverskynsels is slegs enkele uit die ryk taalskat van my geboortewreld. 'n 
Wreld waar ongeletterdheid nog baie algemeen is. Juis daarom is die streektaal die enigste kommunikasiemiddel. Hier bestaan daar nie veel 
kommer oor die afskaling van Afrikaans of die benarde posisie van die Afrikaanse boek nie, want die mense se hele bestaan is Afrikaans.

In Verneukpan en omgewing, trouens in die hele Noord-Kaap, sal Afrikaans bly leef so lank as wat die gebruikers daarvan borrelend bly 
voortleef. Elias P. Nel   is die skrywer van Iets goeds uit Verneukpan?   Hennie Aucamp,   skrywer en kritikus, skryf in Die Burger oor die 
bindmiddel in Nel se verhale:   "Die kragtigste bindmiddel in di verband [tussen tradisie, folklore en idioom] is taal self; 'n taal so 
wild soos 'n riel of 'n uitskopseties, en so eerlik soos roosterkoek en karringmelk."

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av618.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Maart 1999 /// 'Ek is Afrikaanse Euro-Afrikaan' (AV 6:1) /// Afrikaans, 
jy en die Grondwet (AV 6:1) /// Veeltaligheid gekoester deur jong mense (AV 6:1) /// Geletterdheid (AV 6:1) /// HOOFARTIKEL-- Jaar met nuwe 
uitdagings (AV 6:1) /// Taalervaringe van 'n Duitse immigrant (AV 6:1) /// Afrikaanse posiebron vir Lae Lande (AV 6:1) /// In Verneukpan 
en Boesmanland lf Afrikaans (AV 6:1) /// Onbeskaamd granaatbos /// Toegevoegde teenoor verminderde tweetaligheid (AV 6:1) /// Kortverhaal 
-- Huisdiere (AV 6:1) /// Onderwys-werksessies (AV 6:1) /// Afrikaanse Bybel op die Internet (AV 6:1) /// Jan Schutte: 'n Huldeblyk (AV 
6:1) /// 'Dominee, 'n mooi sin is 'n mooi ding' (AV 6:1) /// Ligter taalmomente oor die grensdraad /// Nuwe era vir Afrikaanse boek (AV 
6:1) /// Op spoor van Maleise invloed (AV 6:1) /// Millennium-blues (AV 6:1) /// Afrikaans kuier oor die drumpel (AV 6:1) /// Hy 
verpersoonlik eerlikheid (AV 6:1) /// Ons lesers skryf (AV 6:1) /// Koningin stap voor in die ry (AV 6:1) /// Di koor gee jou hoop (AV 
6:1) /// Met 'n uitsig op 'n park (AV 6:1) ///

